Eugène Terre’Blanche – my storie is ’n biografie van die verhaal van Eugene Terre’Blanche soos geskryf deur Amos van der Merwe en goedgekeur deur eers genoemde. Anders as wat die geval is met die meeste biografieë word daarin op ’n outobiografieseMoreEugène Terre’Blanche – my storie is ’n biografie van die verhaal van Eugene Terre’Blanche soos geskryf deur Amos van der Merwe en goedgekeur deur eers genoemde.
Anders as wat die geval is met die meeste biografieë word daarin op ’n outobiografiese wyse sy eie verhaal vertel – daardie kant van Terre’Blanche se lewe wat nie op hierdie wyse deur die media gedek is in die talle omstrede insidente waarby hy oor die jare heen betrokke was nie.Dit moet vermeld word dat die werk persklaar was voor die moord op Terre’Blanche enkele maande gelede, en dat hierdie insident dus nie in die werk verreken word nie. Die boek lees gemaklik en dit is bykans of Terre’Blanche sy eie verhaal op sy be sondere poëtiese wyse voorlees met talle interessante en nie altyd wetenskaplike leesstof nie.
Dit is per slot van rekening sy interpretasie van sy lewe en wêreld.